subject: Jou besigheid se webwerf [print this page] Jou besigheid se webwerf Jou besigheid se webwerf
n Webwerf speel n belangrike rol in n besigheid se bemarkings strategie en kan n kragtige bemarkingskanaal wees. Dit is belangrik dat n besigheid se webwerf ten alle tye op datum is, daarom as jou telefoon nommer of besigheid se adres verander het, maak seker die inligting op jou webwerf word ook verander.
As jy nog nie n webwerf het nie of dit oorweeg om jou webwerf te laat herontwerp, hier is n paar dinge om in gedagte te hou.
Doen deeglike navorsing voor jy besluit op n maatskappy om jou webwerf te ontwerp. Maak seker dat die webwerf jou eiendom raak sodra dit klaar ontwerp is en vra ook die maatskappy hoe goed hulle soek enjins verstaan dit kan n groot rol speel in die sigbaarheid van jou webwerf op soek enjins se resultaat bladsye.
Vind uit of jy self die inhoud (teks, fotos, ensovoorts) op die webwerf sal kan verander soos dit nodig is en of jy die maatskappy n fooi sal moet betaal om dit te doen.
Maak seker dat die maatskappy analitiese kode (soos Google Analytics) op die webwerf insluit. Die data van hierdie analitiese kode kan geanaliseer word om te sien waar die webwerf kan verbeter word. Die sal ook n goeie idee gee van hoe besoekers jou webwerf vind op die Internet en wat hulle interaksie met die webwerf is.
Kyk na die maatskappy se portefeulje en bespreek die webwerf uitleg en funksionaliteit wat jy ingedagte het deeglik om enige teleurstellings te voorkom.
Daar is menigte elemente om in ag te neem wanneer dit kom by die ontwerp van n webwerf. Soos met alles, as dit te goed klink om waar te wees is dit heel waarskynlik nie die moeite werd nie. Kontak die Twenty3Media span om te gesels oor ons webwerf ontwerp pakette of kyk na die webwerwe wat ons al vir kliente ontwerp het.
About Twenty3Media
Twenty3Media is a Cape Town-based marketing agency specialising in integrated marketing solutions for businesses. Services include web design and development, newsletter management,marketing audits, competitor research and analysis and the creation and implementation of marketing strategies.